Skip to main content

Me Kristen Thiart ontvang haar beurs

Me Kristen Thiart ontvang haar beurs vir 2023 se B.Comm studies aan Varsity College van Atlantic Enterprise Fishing (Edms)Bpk se Me Geraldine Demingo.

Me Rokeisha Jeffries ontvang haar beurs

Me Rokeisha Jeffries van St Helena Baai ontvang haar beurs vir 2023 se studies in Siviele Tegnologie en Boubestuur aan Northlink College van die Weskus Vissers Koöperasie se Me Geraldine Demingo.

Weskus Vissers – Weskus Aktueel

Paternoster Cresche Sponsor

Natalie van den Heever of the Paternoster Cresche receives sponsored backpacks for new school-going learners from Geraldine Demingo of the West Coast Fishers Co-operative.

Beurs vir na-skoolse studies

Aansoeke vir ‘n naskoolse studiebeurs vir voltydse studie by ‘n tersiëre instelling in die Wes-Kaap, het geopen.  

Die beurs dek die klasgeld en losiesgeld vir 2023
en sal in twee dele betaal word: 

  • 50% by aanvang van die jaar en 50% indien die eerste semester se vakke almal geslaag is.
  • Aansoekers moes die vorige jaar al hulle vakke geslaag het.
  • Aansoekers moet ten minste een ouer hê wat steeds werk in die Pelagiese Visbedryf op die Weskus.
  • Aansoekers moet as gevolg van unieke omstandighede ‘n  hulpbehoewende agtergrond kan bewys. 

Stuur u aansoek in briefvorm aan manager@weskusvissers.org, vergesel van u studierekord in 2022, die bewys van ‘n ouer wat werk in die Pelagiese Visbedryf op die Weskus, asook ‘n verduideliking van die betrokke hulbehoewende agtergrond, voor 30 April 2023.

Die besluit van die beursgewer is finaal en die suksesvolle kandidaat sal telefonies in kennis gestel word voor 31 Mei 2023.